Goeie nuus vir petrolverbruikers

Die petrolprys gaan dalk nie in Junie styg nie. Daar is ‘n moontlikheid dat dit selfs kan daal. Petrolverbruikers moet dus styf duim vashou oor die volgende twee weke, omdat daar nog ruimte vir verandering is.

Volgens die sentrale energiefonds (SEF) dui die jongste syfers op ‘n onderverhaling van minder as 1c per liter vir 95-oktaan-petrol en ‘n oorverhaling van 1c op 93-oktaan.

Daar is ‘n onderverhaling van net minder as 13c per liter op die dieselprys.

Die rand-dollar-wisselkoers en die internasionale brandstofprys is faktore wat die plaaslike petrolprys beïnvloed.

Die pryse vir Junie word op Vrydag 31 Mei bekendgemaak en sal dus vanaf Woensdag 5 Junie geld.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *