Slaggate in Rhodeslaan ’n ongeluk wat wag om te gebeur, sê motoriste

’n Gedeelte van Rhodeslaan in Carters Glen is ’n ongeluk wat wag om te gebeur. So sê bekommerde motoriste in Kimberley oor slaggate wat in die pad voorkom.

“Die gedeelte van die pad lyk nou al vir maande sleg en dit word nie herstel nie. Dit het al talle male amper ’n ongeluk veroorsaak,” verduidelik een motoris aan FiND iT.

Brandon-Karin Ahlschlager sê in ’n Facebook-plasing: “Ek het net gister gesê dit gaan een van die dae beter wees om die teer op te lig en op die grondpad te ry. Die slaggate is onveilig en beskadig net ’n mens se bande en voertuig.”

Willem Harmse sê: “My dogter het laasweek ’n splinternuwe band op haar motor in daardie omgewing verloor.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: