ANC wen verkiesing, maar spyt oor minder LP-sitplekke

Deel hierdie storie / Share this story

Die ANC in die Noord-Kaap vier hulle oorwinning, maar bevestig hulle is bekommerd oor die afname in stemme vir die party.

Patrick Marekwa, die uitvoerende burgemeester vir die Francis Baard-distrik, sê: “Die koue weer en reënbuie is nie alleenlik verantwoordelik vir die afname in stemme hierdie verkiesing nie. Dit gaan waarskynlik die aantal sitplekke van die ANC in die parlement beïnvloed, maar ons is nie daaroor bekommerd nie. Ons doel is nie om die meeste sitplekke in die parlement te hê nie. Ons gaan vorentoe terugkyk na die foute wat ons begaan het.  Ons gaan fokus om vertroue in die organisasie te herstel.”

Holpan huil oor swak dienslewering

Voorts sê hy: “Die inwoners van Holpan huil oor swak dienslewering. Daarom gaan ons as ’n organisasie verandering bring om dienslewering in die provinsie te verbeter.”

Nuwe LUR vir die Noord-Kaap verwag

“Die provinsiale bestuur gaan binnekort drie kandidate vir die posisie vir LUR van die provinsie aan die parlement voorlê. Die gekose kandidaat sal op 22 Mei amptelik aangewys word.” “Van ons kant af is ons nie bewus van dubbel stemme of enige onreëlmatigheid met die verkiesing nie. Ons wil die IEC bedank. Hulle het gesorg dat die verkiesing sonder probleme verloop,” sluit Marekwa af.