Die ANC loop voor met 56.12% gevolg deur die DA kort op hulle hakke met 27.02% van die stemme in die Noord-Kaap getel.
’n Totaal van 329 163 mense het in die Noord-Kaap gestem. Teen 10:42 is 80.48% stemme getel.
Nasionale resultate
Ongeveer 70% van al die stemme landswyd moet nog getel word. Op ’n nasionale vlak loop die ANC voor met 54.85% gevolg deur die DA kort op hulle hakke met 26.03% van die stemme.
Statistieke
- 4 074 058 geldige stemme van 26 756 649 mense wat vir die verkiesing geregistreer is
- 54 267 stemme is ongeldig
- 22 925 stemlokale
- 400 ton papier is gebruik vir die verkiesing.*
- 10 000 bonne is afgekap vir die papier vir die verkiesing. *
* Bron: Trees.org.za








