Ek het gestem

FiND iT het vandag met stemmers gaan gesels by die stemlokaal by die primêre skool Kevin Nkoane.

Emmy Vermeulen

Emmie sê dit was vir haar baie opwindend om te kon stem en sy sien uit na ’n beter Suid-Afrika.

Eddie Thebe

Eddie sê hy is hoogs beïndruk met die verkiesing vandag. Hy is baie bly om te sien dat selfs ten spyte van die weer mense die demokratiese proses ernstig opneem. Hy is trots om te sien dat tot gestremde mense die moeite gedoen het om vandag te kom stem. Dit beteken vir hom dat daar verandering op pad is en hy sien uit na ’n beter Suid-Afrika.

Jacques Shaw

Jacques sê dit was vir hom moeite om vandag te kom stem, aangesien hy sy ID moes soek. Hy is bly dit is nou verby. Hy sien definitief uit na ’n beter Suid-Afrika en n groter salaris.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: