Premierskandidaat help bejaarde tot by stemlokaal

Deel hierdie storie / Share this story

Van vroegoggend stroom Suid-Afrikaanse burgers wat vir spesiale stemme geregistreer het na stemlokale regoor die land.

Die DA se premierskandidaat vir die Noord-Kaap, Andrew Louw, bewys nogmaals hy is ’n premierskandidaat wat vir sy medemens omgee.

Die premierskandidaat het vanoggend op 7 Mei vir Margrette Louw (72) na die stemlokaal by Lucretia-premier in Roodepan vergesel.

Dit was besig op die skoolgrond. Bordjies beduie besoekers na die stemlokaal.

’n Omstander geklee in ANC-regalia by die deur van die stemlokaal het beswaar gemaak omdat ’n omstander in ’n DA-hemp geklee is. Sy sê sy gaan ’n klagte by die IEC teen Louw indien.