Lekkasie skep gevaar vir motoriste – ry versigtig in Jacobus Smitlaan

’n Waterlekkasie op die hoek van William Gasson- en Edmeadesstraat is verantwoordelik vir die water wat die stormdrein op die hoek van Edmeadesstraat en Jacobus Smitlaan verspoel.

FiND iT het die area besoek nadat ’n leser gekla het oor riool hier wat moontlik ’n gevaar vir kinders en mense in die area inhou.

Die mangat op die hoek oorkant die stormdrein het tekens van droë toiletpapier wat onlangs hier oorgespoel het.

Terwyl FiND iT op die toneel was, het verskeie motors weens die water gesukkel om van die pad gebruik te maak. Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Daar is geen fout met die stormdrein by die Spur nie. Hy is nie geblok nie. Die water kom van ’n ander area.”

1 thought on “Lekkasie skep gevaar vir motoriste – ry versigtig in Jacobus Smitlaan

  1. Die water kom van ‘n pyp wat al baie lank lek. Wanneer gaan die pyp gewerk word?????
    Die pyp lek op die hoek net bo die straat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: