Hond byt kind in gesig

’n Vierjarige kind is na bewering vir die tweede keer deur ’n hond gebyt.

Wimpie Fourie van die Care 4 You-ambulansdienste sê: “Ons het ’n noodoproep ontvang oor ’n kleuter wat deur ’n hond in die gesig gebyt is.
Gevorderde lewensondersteuning is ontbied.”

Voorts sê hy met hulle aankoms op die toneel in Phutanang in Galeshewe het paramedici gevind die kind is nie ernstig beseer nie. “Care 4 You het die ma en kind vir verdere behandeling na ’n privaat hospitaal gebring,” sê Fourie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: