’n Motor het in die sloot by Silsonstraat in Kirstenhof beland.

“Ons was na die winkels op pad om verversings te koop toe ons op die voertuig in die sloot afgekom het. Ek het later gehoor die bestuurder en ’n passasier was albei vroue,” verduidelik ’n verbyganger.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê: “Geen ernstige beserings is opgedoen nie. Die polisie was op die toneel. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: