February 28, 2021

Taxi beland voor huis

’n Taxi en Volkswagen Polo het vandag omstreeks 11:00 in Gerrit Schoutenlaan gebots.

Die Polo het glo nie by die stopstraat stilgehou nie.

Verloor beheer

Bonolo Tau, die eienaar van die taxi, sê die bestuurder van die taxi het aan hom gesê die Polo het hom van die kant af getref.

“Hy het beheer oor die taxi verloor en gerol,” sê Tau. Die taxi het voor ’n woning se hek tot stilstand gekom.

“Ek is nie kwaad nie”

Tau sê hy het ook met die drywer van die Polo gepraat waar hy ook bevestig het dat hy nie stilgehou het soos hy moes nie. Hy het om verskoning gevra vir die ongeluk.

“Ten minste is niemand ernstig beseer nie en gelukkig het niemand hulle lewe verloor nie, so ek is nie kwaad nie,” sê Tau.

ER24 het aan FiND iT bevestig dat die insittendes in die taxi nie ernstig beseer is nie, maar is hospitaal toe geneem om ondersoek te word. Die twee voertuie is deur Day and Night Towing verwyder kort na die ongeluk.

1 thought on “Taxi beland voor huis

  1. Mense Kan Mar se wat hul will oor my komentaar Mar as di taxi sy spoed gery het (60) wat Hy moes sou dit ni so gewees het ni want hul dink di pad behoort an hul en daar word niks an dit gedoen.hul stop net waar hul wil en dis dit dit en as jy hooter druk word jy gevloek en midel vinger gewys

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: