Spaar water, droë seisoen om die draai, herinner departement

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van water en sanitasie moedig verbruikers aan om water spaarsamig te gebruik hierdie Paastyd ten spyte van die onlangse reën wat die land ontvang het.

Luidens ’n weeklikse verslag deur die departement uitgereik styg damvlakke regoor die land stadig maar.

Sputnik Ratau, woordvoerder vir die departement van water en sanitasie, sê: “Sedert temperature geval het, het die damvlakke in die Noord-Kaap vanaf 68.1% in verlede week tot 72.1% hierdie week gestyg. Ons wil graag verbruikers herinner om water te bespaar. Die droë seisoen is om die draai.”