Verdagte vir die dood van die Lubbe-gesin – steeds op vrye voet

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie is steeds op soek na Zaleka Abide, die man wat ‘n pa, sy twee kinders en ‘n maatjie op 30 Maart 2019 net buite Odendaalsrus doodgery het.

Die Lubbe-gesin

Theuns Lubbe (39) se vrou Elmarie Lubbe (39) is op slag dood toe die motor waarin hulle was van die pad af is en omgeslaan het. Theuns, sy twee kinders Amory (4) en Tristen (8) en ‘n maatjie, Juliana Gomez (6), is na die ongeluk langs die pad doodgery.

Verdagte was by die polisiestasie

Konst. Matopile Madyongolo het vanmiddag aan FiND iT bevestig dat hulle steeds op soek is na Abide. “Abide het gister ‘n saak by die Mangaung-polisiestasie gaan oopmaak vir ‘n kaping wat plaasgevind het. Ongelukkig het ons eers later toe hulle vir ons die dossier deurgee, besef dit is die man na wie ons op soek is.”

Geen toegang

“Hy moes sy adres op die dossier invul, maar ongelukkig kon ons nog nie toegang kry tot sy woning nie, omrede hy in ‘n woonstelblok woon. In dié stadium het ons mense wat sy beweging dophou,” verduidelik sy.
“Ons sal enige hulp van die publiek aanvaar.”

Daar is ook ’n foto wat op sosiale media die rondte doen met, wat hulle beweer, die verdagte se Ford-bakkie is.

Foto’s: SAPD
Vermoedelik die verdagte se voertuig