Intercity-bus vervoer persoon in bagasiebak

Deel hierdie storie / Share this story

’n Intercity-bus het na bewering op Sondag 14 April 2019 ’n persoon in die bagasiekompartement tot in Kimberley gebring.

“Die klap van die bagasiebak teen die kant van die bus het oopgegaan soos die bus by die bushalte hier by die inligtingsentrum in Kimberley ingedraai het,” verduidelik ’n persoon wat vir ’n ander bus gewag het toe die toneel afspeel.

Voorts sê sy: “Ek het eers gedag dit is ’n persoon wat ’n saamrygeleentheid gesteel het, omdat dit ’n aardige plek is vir enige persoon om vanaf ’n verskyning te maak. Nadat die bus stilgehou het, het die persoon uitgeklim en sy bed opgemaak. Ek is nie seker of hy ’n passasier of ’n personeellid is nie.”

FiND iT het Intercity gekontak vir kommentaar, maar het teen tyd van publikasie nog nie terugvoering ontvang nie.