Elektriese fout veroorsaak brand by Absa-hoofkantoor

Die Kimberley-brandweer het Maandag omstreeks 15:42 ’n noodoproep ontvang oor ’n beweerde brand wat by die hoofkantoor van Absa in Longstraat ontstaan het.

Riaan Jansen van Vuuren, woordvoerder van die brandweer, sê: “Die gebou was ontruim toe ons op die toneel kom. ’n Soek-en-reddingsoperasie is uitgevoer en niemand is beseer nie. Die brand is deur ’n elektriese fout op ’n lig veroorsaak.”

Voorts sê hy: “Niemand is beseer nie. Die gebou is veilig verklaar en Absa gaan die nodige herstelwerk verrig.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: