Opgee is nooit ’n opsie nie

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Debbie Barnard (51) het besluit sy gaan nie toelaat dat die Covid-19 krisis haar onderkry nie. Na 33 jaar van ’n vaste inkomste, het sy weens die wêreldwye krisis haar werk verloor.

Vir die eerste keer

“Vir die eerste keer in 33 jaar het ek nie ’n inkomste gehad nie. Ek werk al vandat ek 18 jaar oud is. Maar my uitgawes het nie gestop nie. Ek het finansiële verantwoordelikhede wat net voortgaan. Dit was asof die wind uit my seile gehaal is toe ek my werk verloor het,” vertel Barnard.

Die pad was onbekend

Die pad was onbekend en met ondernemings wat daagliks hulle deure sluit, het sy geweet om nou in dié tyd werk te kry, amper onmoontlik is.

“Ek het net besluit ek gaan nie lê nie. Ek het reeds vanaf begin Maart begin Tupperware verkoop. Einde Maart is ek as ’n bestuurder aangewys. Die gedagte het by my opgekom om aanlyn besigheid te begin doen. Natuurlik het ek geen idee gehad oor hoe dit werk nie. Ek het my man daarvan vertel en ons het begin om alles bymekaar te sit.”

’n Maand na dié besluit

Vandag, ’n maand na dié besluit, het Barnard ’n aanlynonderneming en is sy positief oor haar toekomsplanne.

“Die lewe maak nie altyd sin nie, maar opgee is nooit ’n antwoord nie.”

Besoek Barnard se aanlynwinkel by @ Point Stationary & Supplies.