KWAZULU-NATAL – Offisiere van Umbilo wat gister op patrollie was, het ‘n verdagte voertuig met twee insittendes opgemerk wat teen ‘n hoë spoed gery het.
Hulle het probeer om die voertuig tot stilstand te dwing, maar die bestuurder het weggejaag. Die offisiere het hulle agternagesit en die voertuig op die Magwaza Maphalala-pad voorgekeer.
Volgens die polisie was die bestuurder (30) in besit van ‘n ongelisensieerde wapen met sewe rondes ammunisie. ‘n Bloedbevlekte mes is glo ook by die passassier (21) gevind.
Die twee verdagtes is aangekla weens die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook van ‘n gevaarlike wapen. Hulle verskyn later vandag in die landdroshof in Durban.
Die voertuig is gekonfiskeer vir verdere ondersoek.
Die provinsiale kommissaris, lt.-genl. Khombinkosi Jula, het die offisiere geprys vir hul goeie werk.
Navrae:
Kol. Thembeka Mbele
082 462 9870



