KIMBERLEY – Speurders van die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid het vanoggend om ongeveer 10:40 op ‘n verdagte (38) in sy pondok in Transit-kamp, Kimberley, toegeslaan.
Dié optrede het gevolg nadat hulle inligting oor die verkoop van dagga daar bekom het.
Die polisie het 27 sakke dagga gevind wat agter ‘n bed weggesteek was. Dit weeg 105 kg en het ‘n geraamde straatwaarde van R525 000.
Die verdagte is in hegtenis geneem weens handel in dagga en behoort binnekort in die Galeshewe-landdroshof te verskyn.
Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, lt.-genl. Risimati Peter Shivuri, het die speurders geloof en ook die gemeenskap vir hul hulp bedank.
Hy het bygevoeg dat die polisie in die Noord-Kaap sal voortgaan om hul Covid-19-optrede te verskerp.
Navrae:
Kapt. Sergio Kock
0824949982




