Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 665 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 12 739 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 238 en 5 676 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 403 018 toetse vir Covid-19 doen.




