Die liggaam van ‘n gewilde oorsese radiopersoonlikheid is meer as ‘n maand nadat hy as vermis aangemeld is, in ‘n dam in San Francisco, Kalifornië, in die VSA gevind.
Daily Mail berig die radiopersoonlikheid Jeffrey Vandergrift, ook bekend as JV, is op 23 Februarie as vermis aangemeld.
Die polisie het bevestig dat hulle sy liggaam kort voor 17:00 Woensdag in die dam gevind het. Vuilspel word nie vermoed nie.
Vandergrift was die gewilde aanbieder op Wild 94.9 FM van The JV Show.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



