Skietery tussen boer en verdagtes in KZN

Deel hierdie storie / Share this story

Verskeie skote is Woensdagaand op ‘n boer op sy plot in Canelands, KwaZulu-Natal afgevuur.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê van sy lede is omstreeks 22:41 na die toneel ontbied.

Die 52-jarige man het aan lede gesê dat hy besig was om die hek na sy plaas oop te maak, toe onbekende verdagtes op hom begin skiet het.

Hy het in bosse gaan wegkruip en met sy 9 mm-geweer op die verdagtes teruggeskiet. Die verdagtes het in ‘n wit dubbelkajuitbakkie gevlug

Geen beserings is aangemeld nie.

Die rede vir die skietery is nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel