Die sanger, Brendan Peyper, het sopas op sy Facebook-blad aangekondig dat sy bakkie buite Loftus Versfeld in Arkadia, Pretoria, gesteel is.
Die Toyota 2.8 GD6-bakkie se registrasienommer is KJ 41 MT GP en is duidelik met die sanger se naam op die buitekant by die voordeurpanele gemerk en ‘n bok-embleem op die agterdeurpaneel. ‘n Jag-raam is op die bak van die voertuig.
Hy versoek dat enige persoon met inligting hom sal kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



