Laerskole in Kimberley het onlangs waarskuwings aan ouers gestuur dat kopluise weer eens hulle verskyning maak.
Ouers is gevra om nie leerders skool toe te stuur indien hulle besmet is deur kopluise nie. Kinders mag eers weer skool bywoon indien die probleem opgelos is.
Kopluise maak ongelukkig geen uitsondering nie en kan op enigiemand se kop te lande kop. Kopluise in hoogs aansteeklik.
Skole versoek vriendelik dat ouers hulle kinders se hare deeglik deursoek, en indien hulle iets opmerk, dadelik ‘n apteker oor behandeling raakpleeg.
Skole besef ook dat die voorkoms van kopluise vir die meeste mense ‘n verleentheid is,en het begrip en empatie.



