Volgens berigte is ‘n vragmotor op Sondag 12 Mei 2019, omstreeks 05:20, met ‘n klip vanaf die Stofland-voetbrug in De Doorns gegooi. Die bestuurder van die vragmotor het beheer verloor en die vragmotor het omgeslaan. ‘n Saak van strafbare manslag is Sondag geregistreer, maar is later na n aanklag van moord verander.
‘n Diefstalsaak is Maandag 13 Mei 2019 geregistreer vir die items wat van die vragmotor gesteel is. Vyf verdagtes, tussen die ouderdomme van 26 en 48, is gearresteer vir diefstal. Dié verdagtes het Woensdag 15 Mei 2019 in die De Doorns-landdroshof verskyn op die genoemde aanklagte.
Die moord ondersoek duur voort.




