Kimberley Fun Fair is om die draai

“Die idee vir die fun fair was altyd daar en met die toestemming van Ronnie Graven om die perseel te huur, was dit onvermydelik dat die Kimberley Fun Fair wel hierdie jaar sal plaasvind,” vertel Wannie van MobEntertainment. “Ons beplan die fun fair al vir sowat ‘n jaar en die beplanning het begin toe ons die perseel se huur finaliseer.”

“Die ou Kimberley-skou bring vir baie van ons in die Kimberley-gemeenskap soveel herinneringe endie geleentheid om rond te loop, op dieselfde plek wat ons as volwassenes onthou, is die perfekte platform om nuwe herinneringe met ons kinders en kleinkinders te skep.”

Reaksies op die fun fair

Hy vertel ook hoe die oorweldigende reaksie vir die fun fair hulle asem weggeslaan het. “Ons posts op Facebook is deur 70 000 mense gesien en het meer as 500 shares. Dit het ons beslis in ‘n ander rat gedruk. Mense van regoor die land het bespreek en betaal vir hulle stalletjies. Ons is tans ook besig om die lokaal te verander en op te gradeer om die fun fair gemaklik en veilig te kan aanbied. Ons is beslis op die regte pad. Soos God dit wil hê, val alles in plek.”

Multikultureel

“Almal wat belangstel om die fun fair by te woon, kan verseker wees dat dit ‘n multikulturele event is, vir alle mense. Verskillende kunstenaars tree elke aand op om alle kultuurgroepe te vermaak. Daar is ook kosstalletjies om almal gelukkig te hou en vermaak vir jonk en oud. Ons doelwit is om Kimberley te verenig, saam te groei as ‘n gemeenskap en om finansieel ‘n voordeel vir almal te wees. Dit is Kimberley, so kom ons laat dit groei en geniet die fun fair saam, MobEntertainment weet ons kan,” verduidelik hy.

Bekostigbare kaartjies

“Ons vergeet dan ook nie van die bekostigbare kaartjiepryse nie. Dit gee die hele gesin toegang en stel ons dan in staat om herinneringe te skep wat vir ‘n leeftyd onthou sal word.”

Om die vorige artikel te lees, klik hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: