VSA dood militante leier in Bagdad met hommeltuigaanval

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ses Koerdiese vegters dood in aanval op VSA-weermagbasis

BAGDAD. – Die VSA het gisteraand ‘n leier van ‘n militante groep deur ‘n hommeltuigaanval in Bagdad gedood.

‘n Leier van die Kataib Hezbollah en twee van sy wagte was in ‘n voertuig in ‘n besige straat toe die VSA hulle deur middel van ‘n hommeltuig aangeval het.  Al drie is dood.

Die Pentagon het gesê die leier was verantwoordelik vir die aanvalle op Amerikaanse weermagbasisse in die streek.

Hierdie vergeldingsaksie volg slegs dae na die VSA 85 teikens in Irak en Sirië aangeval het ná hulle weermagbasis in Jordanië aangeval is.

Bronne: BBC, Daily News, Euronews

Lees ook: Ses Koerdiese vegters dood in aanval op VSA-weermagbasis