Verbyganger ontdek ontbinde liggaam van man in drein

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. Die ontbinde liggaam van ‘n man is Sondag in ‘n drein tussen twee bane op die R102 tussen Verulam en Ottawa ontdek.

Volgens Reaction Unit South Africa het ‘n verbyganger die grusame ontdekking gemaak en dadelik vir hulp gebel.

Reaksiebeamptes het die liggaam in ‘n gevorderde stadium van ontbinding aangetref.

Omstandighede van die man se dood is nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.