Skuldige kry agt jaar vir elektrisiteitdiefstal

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Mxolisi Hlatshwayo (29) is Donderdag tot agt jaar gevangenisstraf vir elektrisiteitsdiefstal in die Vosloorus-landdroshof gevonnis.

Zweli Dlamini, die woordvoerder vir die stad Ekurhuleni, sê Hlatswayo is op 30 Junie 2022 op heter daad betrap toe hy met kabels in ‘n mini-substasie in Klippoortjie, Boksburg, gepeuter het.

Tydens konfrontasie kon hy nie bevredigende antwoorde verskaf nie en ‘n kriminele saak vir peuter met noodsaaklike elektrisiteitsinfrastruktuur is by Dawn Park-polisiestasie geregistreer en hy is in hegtenis geneem.

Dlamini sê met die vonnis is ‘n belangrike mylpaal in die beskerming van noodsaaklike infrastruktuur behaal. Hy sê voorts die gepeuter is ‘n groot probleem vir die musipaliteit, omdat sommige mense die meters “oorbrug”, ander steel die kabels terwyl nog ander elektriese toerusting steel wat verbruikers vir dae in die donker laat sit.

“Sadly, we have people who rely on electricity for survival because of different health conditions, and these actions endanger their lives.”

“We also have a major problem of illegal connections, which are made possible by electricity thieves who have a know-how of electricity issues – putting innocent lives at risk in the process.”

Die stad Ekurhuleni vra die gemeenskap om die stryd teen diewe wat munisipale infrastruktuur steel te ondersteun.

Enige kriminele aktiwiteite wat met die infrastruktuur verband hou kan by 0860 543 000 gerapporteer word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.