Mej. Japan gee titel op oor verhouding met getroude man

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak sê hy is geslaan tot hy ‘sy broek natgemaak het’

JAPAN. – Die wenner van die Mej. Japan-skoonheidskompetisie moes haar titel en kroon opgee na haar buite-egtelike verhouding met ’n getroude man aan die lig gekom het.

Karoline Shiino (26), wat in Oekraïne gebore is, het twee weke gelede die Mej. Japan-kompetisie gewen. Daar was ongelukkigheid onder diegene wat gevoel het sy verteenwoordig nie tradisionele Japan se skoonheidstandaarde nie.

Tydens die omstredenheid het Shukan Bunshun ’n berig gepubliseer waarin gesê wordsy het ’n verhouding met ’n getroude man. Die organiseerders van Mej. Japan het haar eers verdedig en gesê sy het nie geweet hy was getroud nie.

Shiino het gister erken sy het geweet hy is getroud en het ’n familie. Sy het van haar titel afstand gedoen.

Die Mej. Japan-titel sal die res van die jaar vakant wees.

Bronne: BBC, CNN, Japan Today

Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak sê hy is geslaan tot hy ‘sy broek natgemaak het’