Lees ook: Ses Koerdiese vegters dood in aanval op VSA-weermagbasis
LOS ANGELES, VSA. – Die wêreld se oudste Jood, Pearl Louise Berg, née Synenberg, is verlede week in die ouderdom van 114 oorlede.
Berg is in Evansville, Indiana op 1 Oktober 1909 gebore. Sy het in Pittsburgh grootgeword tot die Groot Depressie veroorsaak het dat haar pa se besigheid sluit. Die familie het na Los Angeles getrek toe Pearl 19 was.
Berg het haar toekomstige man daar ontmoet – ‘n Joodse immigrant van Oekraïne – Mark Berg. Terwyl hulle in Los Angeles gebly het, het hulle vir meer as 85 jaar na die Temple Israel of Hollywood gegaan.
Haar seun, Robert, het vertel sy familie het in 1947 vliegtuigenjins na die Israeliese weermag deur Mexico gestuur.
Berg word oorleef deur haar twee seuns en haar kleindogter.
Bronne: The Jerusalem Post, Los Angeles Times, Jewish News
Lees ook: Ses Koerdiese vegters dood in aanval op VSA-weermagbasis



