LIMPOPO. – Sers. Juliet Motshwene (45) wat Dinsdag 30 Januarie die laaste keer gesien is toe sy haar huis in Kgapamadi, Hlogotlou verlaat het en toe as vermis aangemeld is, is dood gevind.
Kol. Malesela Ledwaba sê die sersant, wat aan Rakgwadi-polisiestasie verbonde was, se liggaam is Sondag in ‘n gevorderde stadium van ontbinding buite haar woonbuurt gevind.
“The South African Police Service in Limpopo, along with the family, and the public, are mourning the loss of our esteemed colleague.”
Ledwaba spreek namens die SAPD medelye met die familie en geliefdes van die sersant uit en verseker hulle van die polisie se ondersteuning in die moeilike tyd.
“We ask that the family be given the space and time needed to mourn their loss.”
Enigiemand met inligting aangaande die dood van die sersant word versoek om die owerhede met die voortdurende ondersoek te ondersteun.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



