Drie dood in gasontploffing in Kenia, 300 beseer

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Alec Baldwin weer aangekla van manslag na skietdood op filmstel

NAIROBI, KENIA. – Minstens drie mense is oorlede en byna 300 is beseer in ‘n gasontploffing in Nairobi, Kenia. Een van die oorledenes was ‘n kind.

‘n Trok wat gas vervoer het, het Donderdagaand ontplof. Huise, besighede en voertuie is beskadig.

Een persoon is na die voorval in hegtenis geneem en die polisie is besig om die oorsaak van die ontploffing te ondersoek.

Sowat 300 mense is in die ontploffing beseer met 271 wat na hospitale geneem is. Van die beseerdes was 25 kinders, terwyl 39 ernstige of kritieke beserings opgedoen het.

Bronne: BBC, EWN, SABC

Lees ook: Alec Baldwin weer aangekla van manslag na skietdood op filmstel