Man in parkeerarea van gimnasium doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Sakie Ramogale (41) is Dinsdagaand omstreeks 21:30 in Thornhill-gimnasium se parkeerarea afgemaai.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie het op ‘n klagte reageer en die man in ‘n plas bloed met ‘n skietwond in sy nek gevind.

Die motief vir die moord wat deur die Polokwane-polisie ondersoek word is onbekend.

Enigiemand met inligting kan AO Lubbe by 084 602 2398 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.