Seun doodgeskiet, ma gewond

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (19) is Saterdagmiddag laat doodgeskiet en sy ma in die been gewond in ‘n skietvoorval by Pelican Terrace in Dawncrest.

Volgens Reaction Unit South Africa is verskeie rapporterings van die voorval omstreeks 19:21 ontvang.

Wat eers as ‘n verbyryskietery aangemeld was, het gebeur toe twee mans na bewering die erf waar die ma en seun was binnegegaan het en op hulle geskiet het.

Die seun het gesterf kort nadat reaksiebeamptes op die toneel aangekom het, nog voordat paramedici opgedaag het. Die ma het veskeie skietwonde aan haar been opgedoen.

Sy is na ‘n hospitaal geneem.

Lt. Nqobile Gwala sê sake van moord en poging tot moord word deur die Verulam-polisie ondersoek. Volgens hom is die man (19) op die toneel dood verklaar en twee persone is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Die motief vir die insident is onbekend.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.