MERRIVALE, KWAZULU-NATAL. – Nooddienste is Saterdag omstreeks 8:30 na ’n ongelukstoneel op Merrivale ontbied.
Met hulle aankoms op die toneel het hulle ’n motorfietswrak asook ’n persoon wat dringende mediese hulp benodig het, aangetref.
Midlands EMS het die beseerde op die toneel gestabiliseer. Na bewering is sy een vinger tydens die ongeluk afgeruk.
Hy is na ’n hospitaal in Pietermaritzburg vir verdere mediese sorg vervoer. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Geen verdere besonderhede van die slagoffer is bekend gemaak nie.
Bronne: Midlands EMS, Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa



