Man doodgeskiet in kerk in Istanbul

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Taylor Swift se naam geblok op X-soekopsie na KI-drama met kaalfoto’s

ISTANBUL. – ‘n Man is dood toe twee gewapende mans gister ‘n Katolieke kerk in Istanbul binnegegaan en hom geskiet het.

Die mans het oënskynlik ‘n man agtervolg wat by die kerkdiens ingegaan het. Hulle het hom doodgeskiet en geloop. Die Islamic State-groep het verantwoordelikheid vir die aanval geneem.

Geen rede vir die aanval is bekend nie. Familielede van die slagoffer, slegs bekend as CT, het aan die media gesê hy was in die proses om ‘n Christen te word, maar is nog nie gedoop nie.

Minstens 47 verdagtes is in verband met die aanval in hegtenis geneem.

Bronne: BBC, CNN, PBS

Lees ook: Taylor Swift se naam geblok op X-soekopsie na KI-drama met kaalfoto’s