Taylor Swift se naam geblok op X-soekopsie na KI-drama met kaalfoto’s

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Hoethi-rebelle teiken VSA- en Britse skepe

VSA. – Taylor Swift se naam kan nie meer op X gesoek word nie na kaalfoto’s van haar deur KI geskep op die platform gesirkuleer het.

X het gesê dit is ’n “tydelik aksie” om veiligheid ’n prioriteit te maak.

Vervalste kaalfoto’s van Taylor Swift is verlede week op Telegram en X versprei wat miljoen kere gesien is.

X het Vrydag in ’n stelling gesê die plasing van kaalfoto’s op die platform sonder toestemming is “streng verbode”.

Politici in die VSA het gevra nuwe wette moet opgestel word om die skep van “deep fake” foto’s, oftewel foto’s gemaak deur KI, te kriminaliseer.

Bronne: BBC, CNN, Financial Times

Lees ook: Hoethi-rebelle teiken VSA- en Britse skepe