‘Gewapende rowers’ slaan op kerk toe

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Beweerde gewapende rowers het Vrydagmiddag omstreeks 16:30 op ‘n kerk in Spaanschematrivierweg in Constantia toegeslaan.

Volgens lt.kol. Malcolm Pojie het vier verdagtes deur ‘n ablusiefasiliteit toegang tot die perseel verkry.

Na bewering is kergangers met messe en vuurwapens gedreig, oorval, met toue vasgebind en toe van persoonlike besittings beroof.

Die verdagtes het glo die kerkgangers se motorsleutels ook saam met hulle in ‘n Polo GTI gelaai waarna hulle van die toneel gevlug het.

Die polisie vra enigiemand met inligting om kontak met die polisie te maak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.