Verdagtes bly in aanhouding vir ‘moord’ op onderwyskringbestuurder

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir ‘moord’ op werknemer van onderwysdepartement

MANKWENG. – Die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die “moord” op onderwyskringbestuurder, dr. Malekutu Johannes Mehlape (56), sal in aanhouding bly.

Die verdagtes het gister in die Mankweng-landdroshof verskyn. Mehlape is in Desember 2023 in sy huis doodgeskiet.

Een van die verdagtes, ’n skoolhoof, is sy skoonsuster Mahlodi Melida Mathole (42). Die verdagtes word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

Die saak is tot 1 Februarie uitgestel vir formele borgaansoeke en verdere polisie-ondersoeke.

Bronne: SAPD

Lees ook: Ondersoeker in Meyiwa-saak word van omkopery beskuldig