Ondersoeker in Meyiwa-saak word van omkopery beskuldig

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Beskuldigdes in Meyiwa-saak het gesê Kelly Khumalo het huurmoord gereël

PRETORIA. – Die hoofondersoeker in die Senzo Meyiwa-moordsaak is daarvan beskuldig dat hy beskuldigde nommer twee R3 miljoen aangebied het vir ’n skulderkenning wat die “regte mense” impliseer.

Brig. Bongani Gininda het die beskuldiging ontken tydens sy kruisverhoor in die verhoor binne ‘n verhoor.

Die beskuldiging volg die dag na hy gesê het Kelly Khumalo is deur twee van die beskuldigdes genoem as die persoon wat vir Meyiwa se moord betaal het.

Beskuldigde nommer twee, Bongani Ntanzi, se prokureur het gesê sy kliënt is aangerand en het nooit ‘n erkenning geteken nie. Sy prokureur het gesê Gininda het hom R3 miljoen aangebied om die “regte mense” in die moord te impliseer.

Bronne: The Citizen, Mail & Guardian, SABC

Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak het glo wapens aan huurmoordenaars verkoop