Ses ontvoerde nonne vrygelaat

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ses nonne in Haïti ontvoer

HAÏTI. – Die ses nonne en twee mense wat saam met hulle gereis het, is Woensdagaand ongedeerd vrygelaat nadat hulle ontvoer is.

 Aartsbiskop Max Leroy Mésidor van Port-au-Prince het mense bedank vir hulle ondersteuning en het die Here vir hulle vrylating geprys.

Die groep is op 19 Januarie deur ‘n onbekende aantal gewapende mans van ‘n bus af ontvoer. ‘n Losprys van $3.5 miljoen is vir hulle vrylating gevra.

Aartsbiskop Mésidor het nie gesê of die losprys betaal is of wie die ontvoerders was nie.

Bronne: Euronews, The Tablet, Reuters, AP News

Lees ook: Ses nonne in Haïti ontvoer