SA het Palestynse burgers se nood duidelik gemaak, maak nie saak wat gebeur nie – Pandor

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Internasionale Geregshof neem vandag ’n besluit oor Israel

DEN HAAG. – Die Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake, Naledi Pandor, het gesê dit maak nie saak wat die Internasionale Geregshof beslis nie; Suid-Afrika kon die Palestynse burgers se nood duidelik maak.

Pandor het gesê die saak sit ook druk op wêreldinstansies om die werk te doen waarvoor hulle geskep is. Sy het ook gesê die saak skep ‘n bewustheid van die Palestynse burgers se gebrek aan geregtigheid en vryheid oor die jare.

Die Internasionale Geregshof sal vandag beslis oor Suid-Afrika se versoek dat Israel militêre operasies in Gaza opskort en hulpverlening aan hulle moontlik maak.

Suid-Afrika het Israel ook aangekla van volksmoord, maar ‘n beslissing daaroor deur die Wêreldhof kan jare neem.

Bronne: EWN, SABC, The Citizen

Lees ook: Internasionale Geregshof neem vandag ’n besluit oor Israel