GAUTENG. – ’n Aardbewing met ’n sterkte van 2,5 het Dinsdag suid van Johannesburg voorgekom. Dit kon in groot dele van Johannesburg en aan die Wesrand gevoel word.
Volgens Mahlatse Mononela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskappe, was die episentrum 3 km noord van die Harmony Doornkop-goudmyn.
Seismiese aktiwiteite is ook verlede Junie en Oktober in daardie gebied aangemeld. Inwoners het hulle ervarings op sosiale media gedeel. Geen skade of beserings is aangemeld nie.
Bronne: The Citizen, African Insider



