Kyk: So word vrag voor polisie van vragmotor gesteel

Deel hierdie storie / Share this story

In ‘n video-opname wat op sosiale media gedeel is, kan gesien word hoe ‘n vragmotor op die N12 helder oordag, vermoedelik buite Hopetown, van sy vrag leeggesteel word.

Paul van Niekerk het die video gedeel waarin gesien kan word hoe die vrag se inhoud in voertuie voor en agter die vragmotor gelaai word. Dit gebeur in die teenwoordigheid van polisielede.

“DIE IS PLEIN DIEFSTAL….DIS ‘N ONBESKADIGE VRAG VAN ANDERSON….TOE EK HIER AANKOM WAS NET 2 PALETTE BESKADIG…EN HUL KOM DRA HELE 12M WEG”

FiND iT-leser, dink jy dit het vir Suid-Afrikaners wat oor misdaad kla makliker geword om self te steel en jouself aan ‘n misdaad skuldig te maak indien so ‘n geleentheid hom voordoen ten spyte van ‘n ander persoon se verlies?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel