Aktrise en man verwelkom babaseun

Deel hierdie storie / Share this story

Simoné (Nortmann) Pretorius, gewilde SA-aktrise en haar man Andries Pretorius se babaseun is deur middel van ‘n watergeboorte verwelkom.

James Andries Pretorius, wat 4 kg geweeg het, is op Dinsdag 23 Januarie 2024 om 21:40 gebore. Simoné was volgens die plasing op sosiale media vier uur en sewe minute in kraam.

Die trotse ouers het ‘n foto met die geboorte-aankondiging op Simoné se Instagram gedeel.

Dit is hulle tweede kind, maar hul eerste seun. Hulle kleuterdogter Harper is 2 jaar oud. Die egpaar het in 2022 ‘n baba deur ‘n miskraam verloor en in Julie 2023 hulle swangerskap bekendgemaak.

Die egpaar het op 23 Februarie 2019 die knoop deurgehak.

Die aktrise is bekend vir rolle wat sy in 7de Laan, Vir Die Voëls en Hotel vertolk het.

Bron: Simoné Nortman Instagram

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel