Verspreide buie en hittegolf voorspel

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het hulle weeklikse weervoorspelling en -waarskuwings uitgereik.

Die sentrale en oostelike binneland het vandag ‘n goeie kans op geïsoleerde en verspreide donderbuie. Dit sal gedeeltelik bewolk en warm in hierdie areas wees. Die suidoostelike gebied sal koel tot warm wees.

’n Brandgevaar is vir die noordwestelike dele van die Noord-Kaap en Bergrivier-munisipaliteit van die Wes-Kaap uitgereik.

Voorspellings wys op ‘n sterk moontlikheid van ’n hittegolf met hoë temperature oor die Kamiesberg-area, Khai-munisipaliteit, en Namakwa-distrik in die Noord-Kaap asook die Weskus van die Wes-Kaap vir Woensdag tot Vrydag.

Gauteng sal hoë temperature in die noorde ondervind terwyl Mpumalanga warm in die oostelike Laeveld sal wees. Limpopo kan in die oggend ligte reën langs die eskarpgebied verwag. Mooi weer word vir Noordwes voorspel, met verspreide buie oor die oostelike gedeelte van die provinsie.

Daar word ook mooi en warm weer vir die Vrystaat voorspel. Inwoners van KZN kan mis in die oggend oor die suidelike binneland verwag, waarna dit koel, maar warm in die noorde met verspreide buie sal wees.

Bron: Suid-Afrikaanse Weerdiens