VRYSTAAT. – Stephan Truter (9) het Vrydag 19 Januarie by ‘n huis in Stasiestraat op Bultfontein verdrink waar hy omstreeks 16:10 saam met ‘n jonger meisie (8) in die swembad geswem het.
Volgens Stephen Thakeng het die kinders glo self die bedekte swembad oopgemaak om te kan swem. Terwyl hulle geswem het, het die bedekking glo toegegaan, wat tot die verdrinking gelei het.
Beide die seun en meisie is met ‘n ambulans na ‘n hospitaal in Welkom vervoer.
Die seun is met aankoms dood verklaar en ‘n geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geregistreer.
Die meisie is aan die herstel.
Hoërskool Bultfontein het oor die afsterwe van Stephan op hul Facebook-blad berig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



