KAAPSTAD. – Die liggaam van ’n beweerde selfoondief is gister langs die bekende “Pipe trail” in die Tafelberg- nasionale park gevind. Dit volg na ’n groep stappers na bewering Sondag op dieselfde roete deur twee aanvallers van onder andere hulle selfone beroof is.
Volgens JP Smith, burgemeesterkomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in Kaapstad, het die toergids die stappers beskerm deur die twee aanvallers met pepersproei te spuit. Hulle het gevlug.
Gister het die SAPD egter een van die gesteelde fone na die spesifieke area waar die insident plaasgevind het, nagespeur. ’n Liggaam is langs die voetslaanpad gevind. Volgens Smith het een van die vermeende diewe geval. Van die gesteelde items was in sy besit.
Die SAPD ondersoek die oorsaak van sy dood.
Bronne: JP Smith Facebook-blad, CapeTownEtc



