Kleuter (4) in reistas gevind, sterf in hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Keeya Mbulawa (4) is Saterdag 13 Januarie in ‘n reistas in Protea Glen, Soweto, gevind, waarna die polisie haar ontvoering ondersoek het. Nadat sy in die hospitaal gesterf het, is die klagte na moord verander.

Kol. Mavsela Masondo sê die kleuter het na bewering saam met maats buite gespeel toe haar ma agtergekom het sy is weg. Die ma het glo daarna haar kind in ‘n reistas, met ‘n lap in haar mond en haar hande en voete vasgebind, gevind. Die reistas behoort na bewering aan ‘n huurder van dieselfde perseel wat besig was om uit te trek. Die verdagte, wat intussen gevlug het, word deur die polisie gesoek.

Masondo het bevestig die kleutermeisie het sedertdien in die hospitaal gesterf en dat die klagte van ontvoering na moord verander is.

Enigiemand wat met die opsporing van die verdagte kan help, word versoek om na hulle naaste polisiekantoor te gaan.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel