Hysbak met hospitaalwerkers val na benede

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – ‘n Hysbak met 13 werknemers van Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela (Nelspruit) het Maandag van die eerste vloer na benede geval. Niemand is beseer nie.

Die insident, wat omstreeks 14:00 gebeur het, is deur die Mpumalanga-gesondheidsdepartement bevestig.

‘n Ondersoek is geloods en al die hysbakke in die hospitaal sal nagegaan word.

Bronne: Die Laevelder, Mbombela News-Online en News365

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel