LIMPOPO. – Rowers het na bewering Dinsdagaand ‘n gastehuis op Musina beroof.
Volgens kol. Malesela Ledwaba was ‘n werknemer (27) en twee van sy kollegas na bewering op die perseel van die gastehuis waar hulle geslaap het toe hy van ‘n geraas wakker word.
Na bewering kon hy deur ‘n venster loer en sien hoe ses verdagtes met vuurwapens die deur van die kamer langs syne oopbreek. Later is daar ook toegang tot sy kamer forseer. Die werknemer is glo na die ander kamer langsaan gevat waar hy sy twee kollegas met hulle hande in die lug gesien het. Hulle het na bewering twee kluise met ‘n onbekende bedrag kontant aan die verdagtes uitgewys.
Die verdagtes het glo beide die kluise, twee sonkragbatterye, sonpanele en ‘n omskakelaar gevat. Daarna is die drie werkers deursoek. Hulle selfone is afgeneem voor hulle in ‘n onbekende motor gevlug het.
Ledwaba sê die verdagtes, wat Tsonga, Ndebele en Tshivhenda gepraat het, word deur die polisie gesoek.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte lt.kol. Nthathani by 082 414 6683 bel.0
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



